Skip to main content

Lewis Pugh

Lewis Pugh is a British-South African endurance swimmer and ocean advocate. Dubbed the "Sir Edmund Hillary of swimming", he is the first person to complete a long-distance swim in every ocean of the world, and he frequently swims in vulnerable ecosystems to draw attention to their plight.

Lewis might be British by birth, born in Plymouth in 1969, his father was Surgeon Rear Admiral P.D. Gordon Pugh, but he has strong South African roots. His family moved from Devon in England to Grahamstown in South Africa in 1980 when Lewis was 10. His grandmother has been a pupil at DSG - Diocesan School for Girls - in Grahamstown, and his sister was sent to that school while he was enrolled in St Andrews Prep and later the College. After his family moved to Cape Town, attended Camps Bay High School where he matriculated. 

He studied law at the University of Cape Town, graduating with BA, LLB, and LLM in Maritime Law degrees. He also completed an LLM degree in International Law from Cambridge University, and in 2022 received an honorary doctorate from the University of Stirling. 

He joined Clifton SLSC where he completed his SPA and qualified as a lifeguard, while at school he swam with coach Paul Barrett-Smith and later as a UCT student, by Kevin Fialkov. In May 1987 he completed his first Robben Island crossing, paced by local legends of the Cape Long Distance Swimming Association Peter Bales and Eddie Cassar.

Lewis met and later married an Afrikaans girl called Antoinette Malherbe. 

For somebody who had come from a macho all-boys school in Grahamstown, the girls at my new school were something else. I fell in love with one in particular: her name was Antionette Malherbe and she was the most beautiful girl in the school.

 Dls12q4XgAY nVI

Click here to see the Lewis Pugh website and follow this link to read his Wikipedia entry.


In his mid-twenties, he returned to England, where he read international law at Jesus College, Cambridge, and then worked as a maritime lawyer in the City of London for a number of years.  In 2003, the activist left his maritime law practice to pursue his dream of protecting the world's oceans full-time. As he started bringing his cause to the attention of policymakers and leaders around the world, his work was dubbed "Speedo diplomacy". He undertook the first swim across the North Pole in 2007 to raise awareness of the melting Arctic sea ice and swam across a glacial lake on Mount Everest in 2010, highlighting the issue of melting glaciers in the Himalayas.

The activist, who lives with his wife, two step-children, and three dogs in Cape Town, has now been swimming oceans for 30 years and is regarded as one of the world's greatest cold-water swimmers.

As well as receiving France and South Africa's highest honours, the swimmer was named a Young Global Leader by the World Economic Forum in 2010 before being inducted into the International Marathon Swimming Hall of Fame in 2013.


2011 Married

2011 - getting married 


2017 LewisPugh UCT 5323

On the steps outside Jamieson Hall at UCT, with Table Mountain peeking out in the background.

Lewis Pugh Penny Heyns Ant Stott

Lewis Pugh with international swimming star Penny Heyns and four times Dusi canoe marathon champion Anthony Stott.


 Franziska Van Almsick (L) with Lewis Pugh the extreme cold water swimmer, dubbed the Human Polar Bear, after finishing their race in the Iron Man and Physically Challenged Event of the 2011 aQuelle Midmar Mile Race at Midmar Mile Dam on February 12, 2011 in Pietermaritzburg, South Africa. (Photo by Michelly Rall/WireImage)

In 2011 swimming the Midmar Mile. Lewis Pugh seen below at the Midmar mile with German Olympic swimmer Franziska van Almsick.


 Lewis Pugh Nam Paddle

Lewis paddling a surf ski in Namibia in 2013. In September 2008, Pugh, accompanied by a team aboard a ship where he slept, attempted to kayak the 1,200 km from Svalbard, across the Arctic Ocean, to the North Pole.

 

Antoinette Pugh: Die vrou agter avonturier Lewis Pugh

14 Des. 2012

 Lewis and Antionette

Antoinette en Lewis Pugh was saam op skool. Jare later het hulle mekaar weer raakgeloop en die liefde het geblom. Lewis, ook bekend as die menslike ysbeer, is onder meer die eerste mens wat in 2007 ’n kilometer in die Noordpool se yswater van -1,7 °C geswem het. Twintig jaar ná skool het Antoinette haar motor in Kloofstraat in Kaapstad parkeer. Toe sy opkyk, het sy Lewis buite ’n wegneemete-restaurant gesien. “Op daardie oomblik het hy geroep ‘Malherbe!’, my nooiensvan.Die eerste ding wat my aandag getrek het, was sy mooi blougrys oë,” vertel Antoinette.

Hulle is drie jaar later, in 2009, getroud. Antoinette was voorheen getroud en het ’n dogter, Taegyn, en ’n seun, Finn.

Antoinette en Lewis deel baie belangstellings, soos oefening en die buitelewe. “Hy is net so lief vir diere soos ek, veral honde.” Maar die eienskap wat haar die meeste aantrek, is dat hy opkom vir dit waarin hy glo, soos sy omgewingsveldtogte. “Sy droom is om groot nasionale parke in die oseaan te skep om die seelewe te beskerm.” Met elke “bomenslike” avontuur wil Lewis die wêreld se aandag vestig op die broosheid van die planeet.   Daar is tye dat sy Lewis maar min sien omdat hy onder meer gereeld toesprake oor die wêreld heen gee, vertel Antoinette, ’n vryskut-grimeerkunstenaar.

“Gelukkig het ek twee kinders, twee honde en my werk wat my besig hou.” Wanneer Lewis nie reis nie, werk hy van die huis af. “Dan haal ons in met wat in elkeen se lewe aangaan.” Die feit dat hy nooit afskakel nie, is een van die grootste uitdagings van hul verhouding. “Daar maal heeltyd idees in sy kop. Hy werk oor naweke, na-ure . . . Wanneer hy vir ’n reis voorberei, is hy baie gefokus. Hy moet hard oefen, baie beplan en borge vaspen. Sy span bestaan uit plaaslike en internasionale mense en hy maak dikwels belangrike oproepe in die nag. Hy sal sommer drie-uur in die oggend wakker word met ’n idee en dan in sy studeerkamer gaan sit en werk, sy Jack Russell agterna, totdat ek opstaan.”

Lewis is in Engeland gebore en het as tienjarige saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis. Hy bly nou ses maande van die jaar in Engeland en die res van die tyd hier. “Soms gaan ek saam Engeland toe,” sê Antoinette. “Maar ek bly meestal by ons huis in Kaapstad. Ek het baie verantwoordelikhede hier. “Ek was lank ’n enkelma, so ek is gewoond daaraan om baie dinge op my eie te hanteer. Lewis se Everest-ekspedisie in 2010 het ons albei egter getoets . . .” Antoinette was vier maande swanger toe Lewis een kilometer oor die gletsermeer onder die kruin van Everest sou swem.

Terwyl hy weg was, het sy ’n miskraam gehad. “Ek het nie geweet of ek hom dadelik moet vertel of eerder moet wag totdat hy terug is nie. Ek was bekommerd dat hy sou wou terugvlieg, maar ek het besluit om hom te vertel omdat hy ’n week gehad het om dit te verwerk voordat hy sou swem. Ek het geweet hy sou andersins aanvoel iets is verkeerd. Ek wou ook nie hê hy moes dit by iemand anders uitvind nie. Lewis was gebroke en wou dadelik huis toe kom. Ek het vir hom gesê dit gaan nie help nie, omdat hy niks aan die situasie kon doen nie. Ons probeer nou weer swanger raak en hopelik het ons vanjaar ’n baba Pugh.”

Tog sal sy nooit wil hê Lewis moet enigiets anders doen nie. “Ek het nog altyd vir hom gesê: ‘Jy moet doen wat jy moet doen.’ Ek bid elke aand dat hy veilig sal wees. Met sy Everest-ekspedisie het een van die fotograwe my gebel en gesê: ‘Lewis het pas ’n toets-swem gedoen en iets het skeefgeloop. Hy kan nie na die foon toe kom nie, want hy kan nie ordentlik asemhaal nie, maar hy wou net hê ek moet vir jou sê hy’s oukei.’ Ek het vir haar gesê: ‘Sê vir hom hy moet my nie weer bel totdat hy klaar geswem het nie. Hy het 49 mense wat hom ondersteun en ek is op my eie.’”

Sy gaan soms saam met Lewis na sy opleidingskampe. “Ek het al saam met hom van die mooiste plekke in die wêreld gesien. Voordat hy by die Noordpool gaan swem het, is ek saam Noorweë toe. Ek het nog nooit sulke koue beleef nie, en dit was somer daar!” In die oggende het hy al halfses in ’n gletsermeer gaan kajak. “Terwyl hy geroei het, het ek langs hom gehardloop en tyd gehou. In die middae het hy geswem en dan het ek hom gemotiveer om aan te hou in die ysige water. Ná elke swemsessie moes hy vinnig in ’n warm stort ontdooi. Ek het hier my eerste gletser uitgeklim en ek was mal daaroor!

“Ek is seker Lewis gaan my nog baie ongelooflike plekke wys. Dis so lekker om saam met hom te reis omdat hy so baie weet van soveel lande. Een ding wat ek sonder twyfel kan sê, is dat my lewe nooit vervelig is nie!”

LEWIS: “Antoinette is my beste vriendin in die wêreld. Dít is hoekom ons verhouding werk.”